top of page
Uitmelkbos

GOOGLE GOLGOTA

In eerbied, en met instemming van die digter, sit ek vandag ‘n voortreflike, uitsonderlike en, vir my, hoogs aangrypende vers op my blog.

Die titel is “Google Golgota” en die digter, Johann de Lange, verplaas daarin die Paas-gebeure tot die moderne tyd met Facebook, Twitter, sms’e, klankgrepe, webwerwe, nuushelikopers, advertensieflitse, digitale foto’s, eBay en wat nog.

Dié gedig bring die “ou-ou tyding” relevant en byderwets, maar tegelyk ontroerend en onthutsend, by die moderne Christenmens tuis.

My jong vriend en oud-kollega J.P. Nel het dit in die Paastyd op pad na Loeriesfontein – sy heimat – op sy motorradio gehoor. Hy het Johann de Lange op Facebook genader en dié het sy pennevrug sonder ‘n oomblik se huiwering aangestuur.

J.P. het ook Johann se instemming gewerf dat ek “Google Golgota” op my blog kan sit.

Wat Johann se gedig des te meer vir die Van Deventers spesiaal maak, is dat die voorleser op RSG Margot Luyt was, ‘n skoolmaat van Tokkie, wat by ons huwelik op 31 Desember 1966 Psalm 121 – “Ek slaan my oë op na die berge …” in die NG kerk Bultfontein voorgedra het.

Dankie, Johann de Lange, dankie Margot Luyt, dankie J.P. Nel.

Hoop elke leser van vD se blog put inspirasie uit hierdie meesterlike stuk letterkundige vakmanskap:

Google Golgota

Sondagmiddag in Kaapstad en ek kry ‘n sms van Joan uit Jerusalem: Ek loop nou die via dolorosa. Was vandag U sterfdag sou ons U volg

op Twitter, mekaar sms of vir laas U profiel op Facebook besoek, spyt ons het nie eerder gevra dat U ons byvoeg as vriend. Elke blogger

agter sy rekenaar besig met sy Golgota-scoop. Die pers sal kameras en mikrofone in U gesig druk vir ‘n sound bite, of advies oor global warming, duisende

websites opgaan in U Naam, promosies, boek- en filmregte. Advertensieflitse: Hoe kry ons daardie kleed weer witter as sneeu? Regoor die aarde sal kort oorsigte oor u lewe uitgesaai word,

onderbreek met terugflitse na die smal stegies, die keistene waaroor U moeisaam vorder, nuushelikopters oorhoofs. Joan, stuur my asb ‘n 8 megapixel foto, ‘n poskaart of brief in Sy handskrif,

of ‘n repie van sy kleed, ek begeer iets om op eBay te adverteer.

Johann de Lange

____________________________________________________________________________

13 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Komentarji


bottom of page