top of page
  • Izak de Vries

Google doen dit weer vir Eric Carle


Google het vandag hierdie pragtige voorblad gehad ter viering van die begin van die Herfs. Die tekening is deur Eric Carle. Maar is dit al rede? O, nee, moenie glo nie!


Ken julle The very hungry caterpillar? Dit is ’n boekie wat ek as kind al verslind het – verskoon die woordspeling as julle wel die boekie ken. En hoekom nie? Ons, dis nou ek en die ruspe, is albei in 1969 gebore. Die ruspe volg twee maande na die uwe: Op 20 Maart 1969 verskyn dié titel die eerste keer.

Dus: Gelukkige veertigste verjaarsdag, ruspe!

Koop dit sommer nou as julle dit nog nie het nie. Dié boeke is al in 47 tale vertaal. En, Google gerus vir Eric Carle.

Net iets kleins: Ek was beïndruk daarmee dat Google SA besef het ons is in die Suidelike halfrond, toe gaan krap ek in Noorde rond. Dís hoe die Noorde se prentjie lyk. Die Duits sê: Frühlingsanfang, of te wel die begin van die lente.


Dankie, Google. En: lank lewe kinderboekskrywers!

2 views

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page