top of page
  • Izak de Vries

Goggas


Een van die redes waarom ek van fotografie hou, is dat dit jou stadiger laat stap en fyner laat oplet.

Ek kan ure in die bos sit en doodstil wag vir iets om te gebeur. (In die stad kan ek nie stilsit nie, hier jeuk my agterent.) Dis lekker om leeus af te neem en olifante is fantasties, voëls is ’n kuns, maar goggas is ewe interessant.

Kyk nou hier – die een lot is so bont, dit lyk of hulle ontwerp is deur iemand op LSD, die ander een is so mooi gekamoefleer dat dit selfs hierdie foto (wat veel groter is as die waarheid) moeilik is om te sien.

Ek het hierdie twee foto’s laas naweek geneem – minder as 100 m van mekaar af.


Bietjie soos ’n boek, nie waar nie? Jy kan vinnig deurdraf agter die storie aan, of proe-proe lees aan die lekker agter die storie.

0 views

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page