top of page
  • Izak de Vries

God is ’n kreet

Dié titel is ’n reël uit Neil gedig “Ambraal: Die kleiner dood”. Soos die meeste gesprekke oor die teologie maar verloop, gaan ek sy versreël ’n bietjie uit verband ruk, maar ek dink dit is ’n ontsettende mooi waarheid. (En dis nie net omdat Neil nice was met my nie, ek is gewoon mal oor daardie reël uit sy gedig.)

God is ’n kreet.

Dit kan ’n vloek wees, maar dit kan ook die antwoord op die kreet wees. En dis die antwoord op die kreet, die menslikheid, wat tel. Ek het nog altyd gedink die waarde van enige religie lê in die manier waarop dit ons inspireer om aan ons medemens goed te doen.

God kan op baie maniere manifesteer. Ek glo nie sy is vasgevang in geboue, boeke, of rekenaars nie. Ook nie eens in godsdienste nie.

Een van Neil se ondersteuners, Emma, het ook dié reëltjie, waarvan ek hou, uitgelig in haar kommentaar.

Emma is self ’n digtende blogger. In haar gedig “humanity is a prostitute” skyf sy “humanity became a / prostitute, undressing / the creature, we / once called man”.

Gelukkig weet ons daar staan in ’n baie bekende boek dat ’n rebelse Jood eenmaal gereageer het op ’n noodkreet van ’n ontugtige vrou. En hy het vir die al die skynheilige blikskottels wat haar wou seermaak daarop gewys dat hulle kaler is die prostituut, of haar klaarblyklike kliënte.

Ons is almal kaal. En ons kan almal antwoord.

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page