top of page

GEVAARLIKE VLAKKE VAN ONGEMAK!

Uitmelkbos

Gevaarlike vlakke van ongemak” word in hierdie tye taamlik gereeld deur die Weerburo in Bloemfontein vir die Laeveld voorspel. En dit raak geniepsig warm, hoor, hoewel buie en briesies uitkoms bring.

Ewenwel, “gevaarlike vlakke van ongemak” word nie net weergewyse deur ons hier in die Laeveld beleef nie. Ek skat daardie woorde som presies die gemoedstoestand van ons brose Protea-kolflysie op as die manne so in- (en uit)stap om die geniepsige Engelse boulaanval te trotseer!

Van die “ongemaklike” Proteas gepraat: By al die oujaarslyste uit alle oorde was vanjaar ook ‘n lys van “Beste grappe van 2009 – deel een”. Deel twee was seker daardie patetiese kolfvertoning in Durban toe die paaltjies soos spaanders gespat het!

ADVIES:

Goeie advies as jy jou motor ‘n dag of drie op die Mpumalanga/Krugerlughawe parkeer. Beroof eers ‘n muntoutomaat! Hier moet jy in silwer munte opdok, ou maat! In ons geval was dit ‘n hardlopery van ‘n ander wêreld om R98,00 se kleingeld in die hande te kry – op ‘n Saterdagaand ná die laaste vlug!

En, dreig die simpele masjien op die koop toe, net om sout in die wonde te vryf: hy gee nie kleingeld nie.

NUWEJAARSWENS:

My hoop vir almal vir die sokkerjaar 2010 is dat julle baie “doele” sal verwesenlik.

BULLETIN:

Die internet is in hierdie geweste op ‘n sloerstaking. Hierdie is die laaste frustrerende poging om ‘n blog op te sit tot ná my terugkeer in die Kaap op 11 Januarie.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page