Hierdie kaartjie is een van die redes waarom ek hoop het vir hierdie land.
Vir die wat nie weet nie: Die De Vriese woon in ’n oorwegend Moslemgebied; minstens 80% van al ons bure is Moslem. Verder is ek en die geliefde die enigste pale faces in ’n baie groot radius. Laastens praat talle mense Afrikaans as ’n tweede taal, maar nie as ’n huistaal nie.
So, as ’n mens se Moslembure vir jou só ’n kaartjie bring, kan ek nie anders nie as om die wense te deel met almal wat hier lees. Aan almal, dus:
gesiënde kersfees
mag die Jire jou gesin meer spaar vir die jare te kom.
コメント