top of page
  • Uitmelkbos

GESELLIGE SELFIE


Verbeel jou ‘n plegtige staatsbegrafnis in die Westminster-Abdy in Londen of die St. Mathews-katedraal in Washington.

Oral sit staatshoofde met strak gesigte en geboë hoofde terwyl die somber verrigtinge hul fyn uitgewerkte loop neem.

Een van die presidente/premiers pluk skielik sy selfoon uit. Die twee ampsgenote neffens hom skuif nader. Guitig glimlag hulle vir die kamera. Dit klik en die drie bekyk baie in hul skik met die gesellige, opgeruimde “selfie”.

Ondenkbaar?

Wel, kyk gerus na die foto hierbo van seker die ligsinnigste oomblik van die ENB-gedenkdiens gister in Soweto (en daar was nogal ‘n hele paar!).

Die Nederlandse koerant De Telegraaf berig:

Een bijzonder moment tijdens de herdenking van Mandela Dinsdag. President Obama en premier Cameron poseerden samen met de Deense Helle Thorning-Schmidt voor een ‘selfie’. Op een foto is te zien hoe de drie naar elkaar toe buigen voor de foto. Foto: Instagram.

Lyk nie of die roudiens juis die hoë besoekers se onverdeelde aandag geniet nie!

Terloops, mev. Michelle Obama lyk nie juis geamuseer deur haar man se grapjastery met die Deense blondine nie!

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page