top of page
  • Izak de Vries

Gemeenskaplikheid

Ek het toe gister daar in Protea Boekwinkel heerlik gesels met Melt en met Maankind.

Ek en Melt gesels nou al jare lank oor die e-pos, maar gister was die eerste keer dat ek hom van aangesig tot aangesig sien.

En, moet ek julle sê, Melt lyk veel beter en nog meer sexy in die ware vlees as in daardie SureSlim-kiekies wat hy so op sy blog sit! (Tant Sussa moet maar kom kyk!)

En dan was daar Maankind, van Boekemakranka. Hi, mense, sy en haar geliefde het al die pad ingery om te kom luister.

En oom Flentergat, weet jy, ek het jou sêding oor die suurlemoene voorgelees. Almal het “aahhh” gesê, selfs my wonderlike lesbiese-aktivis vriendin wat langs haar genoot gesit het.

En weet julle wat, ons het sommer oor Abrham Nel se blogs gepraat, en ... ag, dit was lekker. Lorinda het ter sprake gekom ... Daar was waarskynlik meer wat langs die pad genoem is. Ons het beslis ook oor Ludwig se armystories en Krokodil se aktivisme gepraat. (Sien, nou is ek al weer in die moeilikheid, ek kan nie werklik onthou wie almal genoem is nie!)

Dankie dus aan julle almal. Ek sou soveel armer gewees het sonder hierdie virtuele gemeenskap.

Ek sal later meer vertel oor ander ou vriende wat ek weer raakgeloop het daar in die Protea Boekwinkel.

3 views

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page