So lyk eiendomme in Nettletonweg, Seepunt. Hierdie meneer was in die mark vir ‘n koele R80 miljoen.
As jy geld soos seesand het, kan jy vir die spitsvakansietyd en die duur van die Wereldbekersokker vir jou ‘n kaia’tjie huur wat jou tot R350 000 per dag uit die sak kan jaag, lees ek tot my verstomming in die sakeblad Finweek.
Een R350 000-per-dag-huis is ‘n sesslaapkamer-paleis in die eksklusiewe Nettletonweg. Seepunt (waar kooppryse van R80 miljoen nie na die asem laat snak nie), berig Finweek.
Vandag kom Rapport met die nuus dat ‘n sesslaapkamerhuis in Nettletonweg vir die Wereldbeker teen R250 000 per dag verhuur is.
Getuienis bestaan nie dat dit een en dieselfde huis is nie, maar dis dieselfde straat en dieselfde getal slaapkamers. ‘n Mens kan jou eie suspisies vorm.
As dit is, het die arme eienaar sy huurprys met R100 000 per dag verminder, amper 33 en ‘n derde persent. Op ‘n maandbasis beteken dit ‘n verlies aan inkomste van R3 miljoen.
My hart bloei vir die mens.
Maar teen R50 000 per dag hark hy/sy darem nog elke vier dae R1 miljoen in, of R7,5 miljoen per maand – as my somme reg is.
Resessie waar is jou angel?
Comments