top of page
  • Uitmelkbos

GEAGTE STER-KINEKOR …


 Het  vandag  die volgende briefie aan ene Lynette by Ster-Kinekor gerig n.a.v. haar mededeling dat my klagte oor Khumba se Engelse sebras na die betrokke teater (Tygervallei) verwys is.

Beste Lynette

Ek hoor niks van Ster-Kinekor Tygervallei oor my klagte nie. Die bestuurder het die middag na die vertoning aan my gese sy het nie die jurisdiksie om iets aan die saak te doen nie, omdat ons nie opgestaan en uitgestap het nie.  Sy meen klaarblyklik die saak is afgehandel.

Hoekom sou ons egter uitgestap het? Dan was al ons moeite om van Melkbos Tygervallei toe te ry  vergeefs, al sou ons dalk (?) ons geld teruggekry het.

Dit is nou vir my duidelik  hoe die verwarring ontstaan het.

Ons het in Die Burger se advertensie (aangeheg) die Khumba-advertensie gesien vir ‘n Afrikaanse vertoning om 17:15.  Die advertensie is in baie klein druk en uiters moeilik om te lees. Toe my oog val op  Khumba, Afrikaans en 17:15 is ek nie verder met ‘n fynkam deur die advertensie nie. Hoekom sou ek verder bly soek? As ongereelde fliekganger was ek nie bewus van vier verskillende weergawes van die betrokke animasieprent nie.

By die kaartjieskantoor is ‘n groot bord met die name van die flieks wat vertoon word. By Cine10 was Khumba om 17: 15. Die woord “Afrikaans” het aan en af geflits – hoekom weet nie (dalk ‘n kortsluiting).  Ons was oortuig ons koop kaartjies vir die regte vertoning totdat die eerste beelde op die skerm verskyn het – toe praat die sebras tot ons ontnugtering net Engels.

Die bestuurder het ons ervaring as “horrible” beskryf.  Maar sy is blykbaar nie bereid om iets aan die saak te doen nie? Ster-Kinekor was ook nou sy hande in onskuld.  Ek sal my maar moet berus, hoewel ek my verbasing oor julle gesindheid teenoor klante wat ver gery het en ‘n klomp geld bestee het om hul kleinkinders te bederf nogal verbasend vind.  Verbasend en insiggewend.

Neem dan asseblief net kennis dat julle te klein advertensies deesdae (blykbaar om geld te spaar) , die in-die-blik-drukkery van kaartjiekopers by die kaartjiestoonbank en die aan en af flitsery van die woord  “Afrikaans” op die elektroniese bord groot  verwarring veroorsaak het. ‘n Melkbosse vriend van my, Thys Slabber, se kinders het presies dieselfde oorgekom as ons.  Ek sou ons nie as dommer mense as die gewone beskou nie!

En laat weet darem net of daar inderdaad om 17:15 ‘n vertoning in Afrikaans was, soos geadverteer. In watter teater dan, asseblief?

Sodra ek van u verneem, sal ek die feite op my blog verstrek, waar my ongelukkige ervaring met Khumba en Ster-Kinekor nogal heelwat aandag getrek en heelwat skerpe reaksie op Ster-Kinekor se dienslewering uitgelok het. Gaan lees gerus by http://blogs.litnet.co.za/hvandeventer

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page