top of page
  • Uitmelkbos

GAPSA, BLAPSA … AITSA, ABSA!

Absa het vandag aan die werk gespring vir ‘n vale aan die geheimsinnige adres waarheen hy van my goeters pos (kyk vorige blog).

E-posse het heen en weer gevlieg. Daar is onderlangs vir mekaar gegrom.

Flussies kry ek ‘n oproep. Die skuilplek waar daardie verkeerde adres (a la Osana Bin laden) al die tyd weggekruip het, is opgespoor – iewers in ‘n diep, diep binne-aar van die “stelsel”.

Die verdekselse adres is.. boem! .. die lug ingeblaas. Dis weg.

“Raak rustig, mnr. Van Deventer. Daardie adres is weg soos in permanent. Hy sal jou nie weer vergal nie.”

Valse hoop? Ek dink nie eers nie aan die somber moontlikheid nie.

Gapsa, Blapsa … Aitsa, Absa?

0 views

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page