top of page
Uitmelkbos

FYN OOG EN FERM HAND


Nee, ek is nie ‘n agent vir die wildfotografie van Jacob en Thomas Claassens nie, en ek kry geen kommissie of ander kommersiële waarde uit die plasing van hul foto’s op my blog nie.

Ek wil nietemin vandag nog twee van die knap sewejariges se produkte van die afgelope somervakansie wys. Noem die beweegrede maar grootvaderlike trots.

Wonder in die stilligheid hoeveel manne van hul portuur kan met so ‘n verskeidenheid fuana op hul skywe spog: die Vyf Grotes*, wildehonde, cheetahs, hiënas, amper als onder die son wat jy in die Wildtuin en Sabiepark aantref (buiten darem ratels en wildekatte en een of twee ander skaars spesies).

Bo is Thomas se vies olifant langs die Sabierivier. Hy was nie ingenome dat sy pad water toe deur motors versper word nie. Onder is Jacob se jong kameelperdjie wat in bloedige hitte ‘n rustige blaaskansie vat in Wildevylaan, Sabiepark.

Albei foto’s, glo ek, demonstreer ‘n fyn oog, ferm hand en ‘n aanvoeling vir die kritieke moment.

Sabiepark se rakke kreun al onder Oupa se albums. As Oupa sy projeksies reg maak, gaan die getal albums vorentoe nog groei vir ‘n vale.

* Soos van Kersaand pleks van Oukersaand, sal ek van die Vyf Grotes bly praat eerder as die Groot Vyf tot in lengte van dae. Hoekom? Omdat ek glo dit is mooi en korrek.

5 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page