top of page
  • Izak de Vries

Freddie Brandt, onbesonge, is dood


Daar is party mense wat nooit op die titelblaaie van boeke verskyn nie, tog, sonder hulle, sou talle boeke maar gesukkel het – of nie gebeur het nie. Een so ’n mens was Freddie Brandt. Freddie was die drywer by Nasou Via Afrika (NVA). Hy was vir sestien jaar verbonde aan die maatskappy en hy was tróts op sy werk.

Ek ken talle drywers wat nou regtig nie gaan moeite doen nie, of bot weier om sekere goed te doen. Nie Freddie nie.

’n Toenmalige kollega vertel hoe sy eendag vir Freddie gestuur het om voor ’n skrywer se deur te gaan sit totdat die manuskrip oorhandig word. Niks werk so goed soos ’n groot man op jou stoep wat sy voet sit en tik nie!

Ek het Dinsdag nog in Freddie vasgeloop. Toe ek hom die hand ryk, kry ek so ’n skaam glimlag oor ek hom sowaar onthou. (As Freddie skaam was, het hy sy kop na links gegooi en sy ken laat sak.) Natuurlik onthou ek hom. Genade.

Minder as 48 uur later is hy geskiet vir sy selfoon.

Sy jongste dogter is nog nie in die skool nie. Sy was mal oor haar pa en het talle male saamgery as Freddie die Kaap vol reis om boeke te maak gebeur.

Ag nee, hel man, dis nie reg nie.

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page