top of page
  • Uitmelkbos

FOTO WAT DIEP ROER


‘n Foto wat my diep roer, is gister deur matriekmaat Van Aardt du Preez van Potchefstroom op Facebook geplaas.

Johan Claassen, oud-Springbokkaptein, is in ‘n versorgingsoord in Pretoria opgeneem. Van sy ou spanmaats het hom kom ondersteun.

Hennie van Zyl, oud-Springbokvleuel, staan links. Regs langs Claassen is Avril Malan, ook ‘n oud-Bok-kaptein. Dan die ikoniese Frik du Preez. Hennie en Avril hou die ou grote uit Potchefstroom se hande vas. Die oord se katelsteile is duidelik sigbaar; ook die feit dat Johan Claassen pantoffels aan het. .

Claassen was my onderwyser op Volkies: ‘n bloedjong Oom Clasie. By hom het ek pak gekry, tot in matriek. Vir Hennie van Zyl het ek pragdriee sien druk in toetse, o.m. teen die All Blacks op Ellispark. . Avril Malan was ‘n rots. Vir Frik du Preez het ek op Loftus gesien “place, score en drop”.

Teen vanoggend was daar 370 “Likes” op my Facebookblad en kommentaar wat getuig van deernis en bewondering.

Dankie Van Aardt du Preez vir ‘n kosbare foto – al vee ek ‘n traan uit die oog.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page