top of page
  • Uitmelkbos

FLINK VERBY 80

Uitskietname in onder meer die Afrikaanse letterkunde, koerant- en radiowese kom voor op ‘n lysie van Volksblad-mense wat al flink-flink by die 80-kerf verby is.

Dot Serfontein, Wiets Beukes, Kobus Hamman, Jan van Zyl, Esmé Mittner, Bienkie Wessels en At van Wyk is o.a. in die geledere van die 80-plussers wat met sy gewone entoesiame en ná BAIE telefoonoproepe deur my kollega en vriend Herman le Roux opgespoor en geboekstaaf is.

Herman, gedugte statistikus, argivaris, feitejagter en plakboekmaker, is deur die uwe aangepor om die taak te onderneem nadat Gert Terblanche, oud-ambassadeur en –Volksraadslid, die eerste was wat 90 geword het.  Ná hom volg ‘n goeie klompie 80-jariges.  

Herman se “navorsing”” is nog nie voltooi nie, maar hy meen die finale lysie sal nie veel verskil van die volgende een wat hy in die wintervakansie onder die Bosveldsterre by Ingwenya Lodge naby Krokodilbrug in my hand gestop het nie:

Dot Serfontein (88), Kobus Sonnekus (86), Wiets Beukes (85), Berna Maree (85), Kobus Hamman (85), Jan van Zyl (84), Esme Mittner (84), Ben van Rensburg (82), Paul Zietsman (81), Lukas Meyer (81), Bienkie Wessels (81), At van Wyk (81) en André (Slang) du Plessis (81).

Ander oud-Volksbladders wat vat-vat aan 80 is Joe Venter, Mathilda (Lourens) de Kock,, Bettie van Wyk, A,P.  (Andreas) du Plessis en die nimlike Lappies Labuschagne.

Hierdie 72-jarige haal sy hoed af vir die eerbiedwaardige seniors. En vir Herman. As jy op sy knoppie druk, kry jy resultate. Altyd.  Ek weet Herman haat die woord “legendaries” omdat dit veral in die sportjoernalistiek só misbruik word.   Wel, sy optekening van sulke wetenswaardighede is niks minder as legendaries nie.

3 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page