top of page
  • Izak de Vries

Fiona Coyne deur Philip de Vos se lens

Philip de Vos stuur vanoggend vir my ’n e-pos waarin hy sê hy het oor Fiona Coyle geblog. Lees dit self, ek kan nie dit oorvertel nie. Philip is ’n baie fyn woordkunstenaar en hierdie inskrywing is oor en oor die moeite werd. Hier is die skakel.

Philip het Fiona geken uit sy dae as operasanger. Hy het haar afgeneem vir Milieu. Ek het vanoggend weer deur Milieu gaan blaai. Gedruk en in swart en wit lyk Fiona nóg meer weerloos as op Philip se blog. Ken julle Milieu? Indien nie, is dit ’n moet vir enige boekrak. Kliek hier...

Wanneer julle Philip se inskrywing oor Fiona lees, sal julle ook die volgende deel van my blog verstaan.

Philip het op 11 Augustus vir my die volgende e-pos gestuur:

Net om te laat weet dat my blog op Versindaba nou een jaar oud is met 41 inskrywings vir dié wat lus het om dalk in te loer

Ek het só daarvan gehou dat ek belowe het ek sal op my blog ’n skakel plaas na syne. Maar, die tyd, die tyd ...

Daarom doen ek dit nou. Lees asseblief Philip se hele blog. Die vorige inskrywing handel oor Mozart se skatologiese rympies. Voor daardie een behandel Philip die lewe van W.S. Gilbert (dink “Gilbert and Sullivan”).

Nou, ja. Dalk het Facebook en blogs ’n groter sosiale impak as wat ons dink. Ek weet ek is tans te stil, sorry Bobby & kie, maar ... ek probeer!

(Ek hoop om binnekort meer te vertel oor wat Philip de Vos Vrydagoggend aangevang het – ek het foto’s om dit te bewys!)

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page