top of page
  • Uitmelkbos

FEES VAN MUSIEK


Op tien CD’s , saamgestel deur ‘n vorige aanbieder, Robert Young, verskyn iets oor die 160 gunsteling-musieksnitte wat luisteraars in die 65-jarige bestaan van die immergroen versoekprogram “U Eie Keuse” op RSG aangevra het.

Sondag het ek en Tokkie die verjaardag van “U Eie Keuse” met daardie uitgebreide musiek-keur gevier. Ek het ‘n bottel rooiwyn oopgemaak en die CD’s die een na die ander opgesit: ‘n fees van opera, operette, klassieke en ligte klassieke gunstelinge, fliekmusiek, marsmusiek, tradisionele liedjies, noem maar op.

Van Aïda tot der Zarewitsch, van Brahms tot Zeller, van die Ambrosiaanse sangers tot die Zagrebse feesorkes. Ure het omgevlieg.

By nommer 160-en-iets gekom, het ek opnuut besef: musieksmaak is so wyd soos die Heer se genade.

Die volgende sou ek graag ook nog op my “U Eie Keuse”-seleksie sou sien en hoor (dalk is van hulle daar, dan vra ek ekskuus vir die “ligte mistykie”): Lazy Gondolier, Harry Lime Theme, Milord van Edith Piaf, Gaudeamus Igitur, Memory uit Cats, Verhale van die Weense Woude, Land of my Fathers, Galway Bay, Loch Lomond, Lili Marlene, Möve du fliegst in die Heimat, Angel Voices, I Believe, La Paloma, La Golondrina, True Love, 18de variasie van Paganini op n tema van Rachmaninof (Soetmelksvlei-serenade), Humoreske, Amazing Grace, O Holy Night, Stille Nag, Pie Jesu, Auld Lang Syne, Unchained Melody, Terry’s Theme uit Limelight, Brittania rules the waves, Sleep my Baby van Anna Maria Alberghetti, Golden Days van Romberg , Tsjaikofski se Eerste Klavierkonsert, … joe, ‘n mens kan net aangaan en aangaan. Die put raak nie leeggeskep nie.

Ek maak nie rusie met Robert Young oor wat hy ingesit het en wat hy uitgelaat het nie. Dis ‘n onbegonne taak om almal tevrede te stel. Hopelik kry ek ook nie rusie nie … maar ek maak my tog klaar vir ‘n paar ligte rapsies op die kneukels (hetsy voor of ná middernag, of hoe Fonnie?!)

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page