top of page

Fanny en Dick ...

  • Izak de Vries
  • Oct 9, 2008
  • 1 min read

... word Franny en Rick.

Lees gerus die Prinses se heerlike blog oor Blyton en die “geskropte” boeke om te sien hoekom.

Ken julle die wonderlike Fanny Hill: Or Memoirs of a Woman of Pleasure? Die outeur is John Cleland. Ons lewe in ’n gemaklike tyd. Weet julle dat hierdie boek eers so dertig jaar gelede ontban is?

Terloops, die Prinses sê, na aanleiding van my bespreking oor Maanvrug: “In my ervaring, as ek nou my vriendinne obserweer, en my eie opinie, verkies vroue egter eksplisiete tonele geskryf deur vroue.”

Hoe voel ander daaroor?

Ek het Fanny Hill al aan vriendinne geleen wat dit verskriklik geniet het.

Oor die kwessie van mans wat vir vroue skryf, of anders om, lees gerus Lorinda se heerlike blog daaroor.

Maar ek wil regtig weet: Skryf mans beter vir mans en vroue vir vroue? Ek dink nie so nie! Laat weet wat julle dink!

Recent Posts

See All
Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

 
 
 
Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

 
 
 

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page