top of page
  • Uitmelkbos

EPIDEMIE VAN 70’S


Sewentigste verjaardae is nou ‘n epidemie onder die Klas van ’57 – dit woed in die laaste 24 uur van Makhado tot Tshwane kan ‘n mens sê as jy moedswillig wil wees.

Gister was Piet Henning van Louis Trichard 70; vandag kom Leon Engela van Pretoria aan die beurt.

Leon was in 1957 saam met my in matriek aan Potch-Volkies. Ons was saam in die Jack Pauw-koshuis. In 1958 was hy, soos ek en Piet, ‘n ienk in Tukkies se Kollegetehuis.

Op die modderbadfoto aan die einde van ons ienk-jaar glimlag hy breed. Hy is naaslinks. Heel links is dr. Jan Conradie, bloed-kenner van Pietermaritzburg, en regs wyle Coen Dreyer, Springbok-gholfspeler van Rustenburg.

Die outjie met die snorretjie agter Leon is ekke.

Leon was van New Redruth. Alberton. Al vir baie jare lank is hy een van Pretoria se top-ginekoloë. Hy en Piet is groot maats wat graag saam kuier.

Vat so met jou 70ste, Leon.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page