top of page
  • Izak de Vries

Ek was hier

Koop as sagteband.

Koop as e-boek. Nanette van Rooyen se jeugroman Ek was hier het my só geïnspireer dat sommer gaan foto’s neem het wat losweg wat by die resensie pas. (Nie dat ek baie aanmoediging nodig het nie!) Die hoofkarakter is gek oor skaatsplank ry en dan ontmoet sy ’n jong knaap wat mal is oor graffiti.


Ten eerste is die storie uit die boonste rakke. Nannete van Rooyen is ’n meesterlike verteller.


Ten tweede is dit ’n boek wat ewe veel deur ouers geniet sal word as die jeug waarop dit gemik is. En net om seker te maak dat ek nie alleen is in my oordeel nie, het ek die boek geleen vir volwassenes... Niemand het nog gekla nie.


Ten derde is die kinders se liefde aanvanklik baie tienerig, maar wanneer ’n krisis opduik, skop ’n verdieping in wat wys dat tieners ook ménslik is (iets wat soms moeilik is om te glo, ek weet). Dié deel van die verhaal – wat ek nie wil uitlap nie – sou ook in ’n volwasse roman kon werk.


Die vierde rede lê by die ouers van die twee hoofkarakters. Hulle behandel hulle tieners soos jong volwassenes; dít maak van hulle ronder karakters as die benerige kinders uit die jeugboeke van mý tienerdae wat simpel goed aangevang het en dan pak gekry het. Moderne, sprankelende buitestanders Frankie is die vroulike hoofkarakter. Sy is ‘n skaatsplankryer en is lief vir kunsflieks. Haar pa is ’n kok, en boonop ’n Belg wat steeds Nederlands praat. Haar ma is ’n hippie. Dit is ’n plesier om so ’n interessante huishouding te leer ken. Frankie bly egter ’n tiener. So wanneer die hormone inskop, moet ma en pa maar bontstaan. Milan, die manlike hoofkarakter, se pa kom uit ’n kommunistiese land. Hy is ’n stil, sagte man met ’n swart gordel in judo. Hy het sy seun alleen grootgemaak. Die verhouding tussen pa en seun is pragtig, want hier is wedersydse respek. Milan is lief daarvoor om sy kitaar te speel. Hy luister ook Pink Floyd en Led Zeppelin. (Volgens die boek beteken dit hy is “old school”, dít laat my net óúd voel.)

* * * Oor die foto’s: Ek wou nie die skaatser afneem nie. Ek wou die graffiti afneem met ‘n skaatser daarby. Ek het dus ‘n Canon 5DmkII en ‘n Canon 16-35mm f2.8L USM lens gebruik. Om die aksie nie te vries nie, het ek op 1/13 geskiet, ISO100 en f22.

2 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page