In die Nasionale Wildernispark aan die Tuinroete is Knysnaloeries so algemeen dat die mense daar praat van die “duiwe met die rooi vlerke”.
Hierdie ene het ek in ‘n soort trosvyboom voor ons houthut, nommer 28, afgeneem te midde van ‘n vrugtefees.
In daardie boom het die loeries gekom gegegaan. In ‘n stadium was ses in die takke.
In die week in die Suid-Kaap het ek en Tokkie maklik 15 loeries gesien, en elke keer was ons opgewonde.
Dit bly ‘n besonderse verteenwoordiger van Suid-Afrika se gevleuelde reenboognasie.
Comments