top of page
  • Uitmelkbos

DUBBEL-EEUFEES VIR STILLE NAG

Dit is weer daardie tyd van die jaar dat Kersliedere in kerke se Kerssangdienste, by Kersmarkte, in skole-tablo’s, in winkelsentrums en in huise, op private musieksentrums, toenemend begin opklink tot en met 25 Desember.

Die kroonjuweel van Kersliedere bly Joseph Mohr (teks) en Franz Gruber (melodie) se “Stille Nacht” (“Stille Nag”/”Silent Night”). ‘n Mens hoop nie die wetenswaardigheid glip ongesiens verby nie dat die aangrypende gewyde lied vanjaar presies twee eeue oud is.

Die oorsprong is die klein dorpie Obendorf by Salzburg, Oostenryk. Die eerste uitvoering was op Kersaand 1818 in die St. Nicholas-kerk in Obendorf (om die aand voor Kersfees “Kersaand” te noem en nie “Oukersaand” nie, is in die jare 60 as jong koerantman by my ingeprent).

Mohr was ‘n jong priester wat net die jaar tevore na Obendorf gekom het. Hy het die lirieke van “Stille Nacht” in 1816 geskryf. In 1818 het hy gaan aanklop by Gruber, onderwyser en orrelis in die buurdorpie Arnsdorf, vir ‘n melodie en kitaarbegeleiding met die oog die Kersaand-diens.

Die lied het dadelik inslag gevind, het in al hoe groter kring mense van amper alle nasies se harte verower, en is deur die twee eeue deur dosyne bekende kunstenaars en seker honderde onbekendes in alle genres opgeneem: van Pavarotti en José Carreras tot die Kosakkekoor tot Mimi Coertse ….

Die opname wat die septer swaai, is dié van Bing Croby (wat “White Christmas” beroemd gemaak het). Sy plaatopname (“single”) van “Silent Night” is die plaat wat die derde beste verkoper van alle tye was, lees ek op Google. Ook dat die lied in 2011 deur die Verenigde Nasies se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur (Unesco) as ‘n “ontasbare kuluurerfenis) verklaar is.

In die Liedboek van die Kerk, daardie pragbundel met ‘n weergalose skat gewyde liedere (wat helaas hoofsaaklik ongebruik in huise stof vergaar), sien ek dat die Afrikaans teks van “Stille Nag” in 1978 deur Izak de Villiers en Attie van der Colff gewyig is. Dit is juis in die Liedboek wat haar na aan die hart lệ dat my vrou, Tokkie, die brokkie oor “Stille Nag” se dubbel-eeufees raakgelees het.

(Die bydrae verskyn vandag op Netwerk24 en in Volksblad se brieweblad.)

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page