top of page

DRIE GROTES

  • Uitmelkbos
  • Mar 8, 2012
  • 1 min read

Sommer ‘n lawwigheidjie n.a.v. nou die dag se foto van Tokkie by die walvis.

Ek herinner haar toe daaraan dat sy ook al saam met ‘n olifant afgeneem is in ‘n foto wat nogal taamlike opspraak onder vriende veroorsaak het. (Was o.m. op die buiteblad van my 60-boek, Halfpad Hemel Toe.)

En saam met my.

Saam met drie grotes dus.

Hier is ‘n kompilasie in dier voege.

Ek sou ook nog vir Tokkie by ‘n leeu (darem verdoof) en ‘n kameelperd kon byvoeg. Dan het ons ‘n splinternuwe Vyf Grotes of Groot Vyf, soos die meeste mense verkies om die olifant, leeu, buffel, renoster en luiperd te beskryf.

Terloops: daardie walvis had yslike swart en wit kolle. My beskrywing daarvan as ‘n orca word egter wyd bevraagteken. Was Die Burger dalk in die kol met sy “suidelike noorkapper”?

Weet iemand?

(Naskrif: Sien iewers ‘n suidelike noorkapper kan so groot raak soos 10 olifante. Sjoe!)

Recent Posts

See All
Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

 
 
 
SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

 
 
 

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page