top of page
  • Uitmelkbos

DOOD OP WILDTUINPAAIE

Altyd hartseer as ‘n dier in die wildtuin deur ‘n roekelose bestuurder doodgery word,. Gewoonlik is dit die kleintjies – patrysies, skilpaaie, dwergmuishondjies en die – wat platgetrap word. Ook groter diere bly in die slag – soos die kameelperd nou.

‘n Keer in 2012 het ‘n afleweringswa teen hoe spoed ‘n motor verbygesteek en by Skukuza in ‘n troppie impalas ingeploeg. Sewe is dood. In dieselfde tyd het besoekers op ‘n luiperd in ‘n plas bloed in die middel van ‘n teerpad afgekom. Ook doodgery. Gerugte het sterk geloop dit was die een of ander hoe besoeker se voertuig. Hy het nie eens stilgehou nie. Die insident is doodgeswyg.

Op 7 Mei 2014 was ons op pad om in Onder-Sabie te gaan stem (minder besige stembusse as Skukuza s’n) toe ons skielik die flenters polisiebakkie op die foto voor ons sien. Haastige diender gewees. Blykbaar soos ‘n besetene van Krokodilbrug se kant gejaag om “orde by die stembus te handhaaf”. Toe tref hy ‘n olifant.

Die bestuurder van die voertuig wat die sewe impalas doodgery het, is lewenslank uit de wildtuin geskors. In die algemeen word oortreders na my oordeel egter veels te sagkens behandel – veral die verduiwelse taxi’s wat met soveel minagting vir die natuur en natuurliefhebbers doodsveragtend van bestemming tot bestemming jaag.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page