top of page
  • Izak de Vries

Donker Spoor op DEKATv

 DEKATv het vanoggend ’n insetsels kom skiet oor die lang pad wat ’n boek loop wanneer dit uitgegee word en Martin Steyn se Donker spoor was die teks waarna ons gekyk het.

Kliek op die foto's om hulle groter te maak.


Gerard Scholtz, die aanbieder, vertoon Martin Steyn se Donker spoor aan die kykers.


Die kamera fokus op Martin Steyn.


Butho Ncube is geduldig, maar tegnies is hy uitstekend. Sy beligting, sy raamplasing en sy en fokusverskuiwing is besonder knap.


Gerard in die masjien.


Butho agter die masjien.


Butho fokus op my.


Ek en Gerard aan die gesels.

Die foto’s hierbo is almal met ’n Canon 5DmkII geneem en die lens was ’n Canon EF16-35mm f/2.8L USM. Die meeste foto’s se tegniese detail was so iets: 1/160 f2.8 ISO3200.

Butho het ook met ’n Canon 5DmkII geskiet – op ISO640. Hy het ons gesprekke afgeneem met ’n Canon EF24-105mm f/4L IS USM. Toe het hy die groot Canon EF 70-300mm f/4-5.6 L IS USM lens opgesit en het uiteindelik sy nabyskote uit die hand geskiet met ’n Canon EF24-70mm f/2.8L USM.

* * *


Die keer kon ek die ligte kies vir mý foto. Die beligting vir TV is baie anders as vir portretstudies. Hier is Martin Steyn met Donker spoor in sy hand. Ek het twee Canon Speedlight 430’s deur wit sambrele geskiet en ’n derde net bo Martin se kop geplaas om van die dak af te bons.

Canon 5DmkII & Canon EF24-70mm f/2.8L USM & Canon Speedlite Transmitter ST-E2

1/160 f2.8 ISO400 (die flitse was op +1 kompensasie gestel)

* * *

Die insetsel sal binnekort op DEKATv uitgesaai word.

Geskiet deur Steampunk Produksies

Vervaardiger: Elzilda Becker

Produksie: Melanie Tait

Aanbieder: Gerard Scholtz

Kamera, ligte en klank: Butho Ncube

Redigeerder: Barry de Jager

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page