top of page
  • Uitmelkbos

DIT REeN ELF’S!

Koes, mense, nou reën dit behoorlik elf’s!

Wat ek gemis het toe ek so hard gekonsentreer om die Canon se knoppie op die regte oomblik te druk, (foto in die blog hieronder) rwas nie net ‘n skerp fokus nie. Tom Ferreira, skerp oud-Volksblatter, laat weet as hy dit nie mis het nie, het die Proteas op daardie oomblik, 11/11/11/11:11, presies 111 nodig gehad om te wen.

Skote, Ferreira!

“Looks at the scoreboard”, soos Oom Boy Louw in ander verband opgemerk het. Ons was inderdaad op 11/11/11/11:11 125 vir een – en ons het 236 nodig gehad om te wen. Dus presies 111 lopies, soos Tom uitwys.

Daardie statistikus par excellence in die Rosestad, Frikkie van Rensburg (natuurlik nog ‘n oud-Volksblatter), kom met nog ongelooflike elf-stories vorendag.

Hy laat weet: om 11 minute voor 11:00 was die Proteas se telling 111 vir 1 (die sogenaamde Nelson waaroor oubaas David Shepherd MBE, een van die wêreld se voorste skeidsregters, altyd een-beentjie gestaan het as hy skeidsregter was.)

Om 11:01 het die telling tot 112/1 verander.

Op die tweede Nelson (222) het Hashim Amla sy paaltjie verloor. Toe was die telling 222 ( 2 x 111) vir 2 (2 x1).

Frikkie herinner my ook aan daai wonderlike eerste toets van die 1966-67-reeks, ook teen Australië, op die ou Wanderers in Johannesburg. Ek en hy (albei baie jonger en aansienlik maerder van lyf) was saam op die paviljoen en heelwat bier is oor die vyf dae se krieket in die warm Hoëveldse somer verorber.

Die Springbokke (hulle het eers later Proteas geword) is in hul eerste beurt in antwoord op die Aussies se meer as 300 vir knap oor 200 uitgehaal. In die tweede beurt het hulle ‘n skitterende 620 opgestapel.

Denis Lindsay (182) het amok gemaak. Ons het elke Lindsay-vier gesien en toegejuig. Barry Richards was ook ‘n held, en Eddie Barlow en nog ‘n paar. (Lindsay en Barlow is albei al dood – soos Dave Sheperd.)

Waar’s die dae, ou Frikman, waaar’s die dae!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page