top of page
  • Uitmelkbos

DIS ‘N LALREIER, JOU (WOUD-)APIE!


Voëlkyk is nie vir sissies nie. Dit verg konsentrasie en vinnige koördinasie om die verkyker te gryp, die onderwerp van kop tot toon te bestudeer en deur ‘n proses van eliminasie blitsig by ‘n diagnostiese bevinding uit te kom.


As jy boonop aan ‘n kleurswakte ly soos die uwe – skakerings van rooi-groen is waar dinge vir my kwaai begin lol – bevind jy jou gou in tamatiestraat. Is die snawel geel of rooierig? Is die pote swart of bruin? Het die vlerk wit strepe of kolle? Later is jy so verward dat jy vir jouself lieg.


Om dan nog die duisternis name ook te probeer memoriseer — party onlogies, ander die vrug van ‘n ryke verbeelding – is ‘n reusetaak. Tussen al die bontrokke, bokmakieries, janfrederiks, katakoeroes, klopkloppies, lewerikke, lysters, reiers, sterretjies, valke en vinke raak ‘n gewone sterfling maklik verdwaald.


Vergewe dus dat ek ‘n ruk gelede ‘n foto (die nimlike hierbo) op hierdie blog gesit het met die selfversekerde bevinding dat dit ‘n woudapie (‘n soort rietduikertjie) is wat ek by Lake Panic naby Skukuza gekiek het.


Dit is nie ‘n woudapie nie, maar ‘n lalreier – ‘n soort reier waarvan ek totaal onbewus was totdat Herman en Rina le Roux van Johannesburg die foto mooi bekyk en tentatief die korrekte identifisering gewaag het.


Hulle had gelyk. Aan hulle, en al die ander wat ernstig voel oor hul voëls, hiermee ‘n vertraagde verskoning vir ‘n bona fide misleiding.


Ek het dit nou op die hoogste gesag, nog hoër as Herman en Rina, dat my “woudapie” inderdaad ‘n lalreier was.


Gelukkig skryf Tokkie in haar Newmans ons voëlwaarnemings in potlood en het sy altyd ‘n uitveër byderhand om foute reg te stel.

Nou soek ek ‘n woudapie, die ware Jakob, met ‘n seer hart!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page