top of page
  • Uitmelkbos

DIS 15 MAART 2010

Sommer net omdat vandag 15 Maart is en die telefone van vroeg in die Van Deventerhuis lui, sit ek hierdie mees resente foto van mev. TvD op. Dit is tien dae gelede op ons stoepie in die Nasionale Wildernispark geneem terwyl die son oor die Touwrivier wegsak.

Tokkie is op 15 Maart 1946 gebore – maak maar self die sommetjies.

Kort nadat ons in 1966 getroud is, het wyle prof. Pikkie de Villiers. adjunk-rektor van die U.V. een aand by ‘n onthaal in Bloemfontein beweer sy lyk soos my dogter. Sy was inderdaad die toonbeeld van jeugdigheid: fyn, broos en weerloos in haar wit aandrokkie.

Wonder wat sy kommentaar nou sou wees as hy nou die ou man sou sien waar hy met sy spierwit grys hare, omvangryke maag en kierie by sy “jong vrou” probeer byhou

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page