top of page
  • Izak de Vries

Diesel & Dust (en ’n mooi onderwaterstorie)

As julle in fotografie belangstel, Obie Oberholzer is in Stellenbosch op 1 Desember 2011, sien detail hieronder.


Ek het gisteraand die bekendstelling van Diesel & Dust deur Obie Oberholzer bygewoon in die Book Lounge, Kaapstad. Dit was gepak. Daar was letterlik nie genoeg plek nie. Die foto’s is fantasties, soos jy kan verwag. En die stories ... ag nou ja. Gaan luister self.

Ek het die boek gekoop, al is ek op ’n knap begroting. Dis oor en oor die moeite werd.

Die foto’s is ongelooflik.

As julle wil gaan:

1 Desember 2011, 18:30 vir 19:00

Sasol Kunsmuseum

Ryneveldstraat 52, Stellenbosch

RSVP matthew@jacana.co.za / 011 628 3200

# # #

Laastens: Hier is ’n mooi storie wat niks met Obie te doen het nie, maar alles met foto’s:

’n Skubaduiker, Markus Thompson, het ’n Canoon 1000D opgetel terwyl hy in British Columbia geduik het. Die sout het die kamera verwoes (dit was meer as ’n jaar onder die water), maar Sandisk Extreme III 20mb/s 2GB-kaart het nog gewerk.

Thompson wou toe die foto’s vir die oorspronklike eienaar teruggee en het via Google+ die man opgespoor, danksy die foto’s.

0 views

Recent Posts

See All

댓글


bottom of page