top of page
  • Chomsetussenbetragtings

Dieredagboeke

UITTREKSEL UIT MY HOND SE DAGBOEK


Saterdag, 10 Januarie 08:00 - Ontbyt! Jippieee - my gunsteling! 09:30 - Ons gaan ry gou om die blok met die kar! Jippieee - my gunsteling! 09:40 - Ons gaan stap in die park! Jippieee - my gunsteling! 10:30 - My kop en ore en maag word gevryf! Jippieee - my gunsteling! 12:00 - Middagete! Jippieee - my gunsteling! 13:00 - Ons speel bal in die agterplaas! Jippieee - my gunsteling! 15:00 - Ons gaan lê bietjie vir 'n middagslapie! Jippieee - my gunsteling! 16:00 - Ek hap na die water uit die tuinslang uit! Jippieee - my gunsteling! 17:00 - Ek "gee poot" vir biltong en droëwors! Jippieee - my gunsteling! 18:00 - Ek jaag die kat in die boom in! Jippieee - my gunsteling! 19:00 - Aandete! Jippieee - my gunsteling! 19:30 - TV-kyk op die mat by iemand se voete! Jippieee - my gunsteling! 23:00 - Slaaptyd! Jippieee - my gunsteling! UITTREKSEL UIT MY KAT SE DAGBOEK Dag 984


My personeellede hou aan om my te terg met bisarre klein swaaiende voorwerpe. Ek kap maar daarna om hulle nie te sleg te laat voel nie. Hulle eie maaltye bestaan uit heerlike vars vleis, terwyl ek tevrede moet wees met harde korrels gemeng met die blikkiesgemors. Alhoewel ek my afkeer aan hierdie stand van sake al dikwels luidkeels te kenne gegee het, ignoreer hulle my. Lykmy ek sal weer op die mat moet opgooi om my punt te bewys. Of 'n muis wat ek onthoof het by hulle voete gaan neersit. Die vorige keer se kommentaar oor watse goeie jagter ek is, was nie heeltemal die reaksie wat ek in gedagte gehad het nie. Dom bliksems. Ek was ook nie juis ingenome om in 'n kamer toegemaak te word toe hulle besoekers gekry het nie. Ek moet tog uitvind wat "allergies" beteken - dalk kan ek dit tot my voordeel uitbuit. Ek was vandag amper suksesvol in my poging om een van hulle te dwing om te bedank. Ek het heen en weer tussen haar voete deur gevleg terwyl sy geloop het, maar sy het ongelukkig gou haar balans herwin. Ek gaan dit more weer probeer, maar aan die bopunt van die trappe. Die ander dier wat ook hier bly word erg voorgetrek deur die personeel. Hy is duidelik geestelik gestrem en het geen waardigheid hoegenaamd nie. Hardloop rond vir geen rede nie, hop op en af vir geen rede nie en jaag alles wat beweeg - tot vir my. Ek vermoed die voël is ook nie juis van die skerpste nie. Hy hang heeldag in 'n hok in die lug. Blykbaar vir sy eie veiligheid. Gmf... nie vir lank nie!

2 views

Recent Posts

See All

Net 9 disse?

Kom ek op hierdie interessante berig in die Sowetan af vandag, en herken myself toe baie goed! Alhoewel die studie onder die Britte gemaak is, dink ek dis tot 'n groot mate op ons van toepassing. Sal

My kortverhale (wow, dit was pret!)

Hy klap die agterdeur met 'n dawerende slag agter hom toe. Sy bly op die vloer sit, en vryf oor haar brandende wang. *** "Mamma, waar's Pappa?" Sy sug, vat haar dogter om haar maer skouers en lei haa

Joeeeeehoeeee! Ek's terug! (dink ek...)

Hallo liewe blogvriende! Ja, vir die eerste keer in VIER maande het ek weer soortvan internettoegang! Dankie vir die van julle wat my nie vergeet het nie, en so nou en dan 'n boodskappie gestuur het (

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page