top of page
  • Chomsetussenbetragtings

Die Trein

'n Ma is besig in die kombuis. Haar 8-jarige speel daar naby op die eetkamervloer met sy nuwe elektriese treinstelletjie. Sy hoor hoe die treintje stop, en haar seuntjie sê: "Al julle bliksems wat wil afklim beter NOU afklim, want ons is moer haastig! En die bliksems wat nou wil opklim, kry julle arm, dik gatte op hierdie trein, daar is nie tyd vir snot pik nie!"

Die geskokte ma hol nader en pluk die knaap aan sy arm regop. "Ons gebruik NIE daardie tipe taal in hierdie huis nie, hoor jy my? Jy gaan nou dadelik na jou kamer toe en jy gaan daar bly vir TWEE URE! En as jy uitkom beter jy mooier praat!" So gesê, so gedaan. Ná twee ure kom die knaap uit sy kamer uit en begin weer speel met sy treintjie. Die ma se ore is natuurlik gespits.

Kort voor lank stop die treintjie en hy trek weer weg met sy afkondigings. "Alle passasiers wat hier afklim, onthou asseblief om al u bagasie saam te vat. Baie dankie dat u van hierdie diens gebruik gemaak het. Ons hoop dat u die rit saam met ons geniet het. En vir die van u wat hier opklim, ons wens u 'n voorspoedige reis toe". 'n Warm gevoel omvou die ma se hart. Die knaap gaan aan. "En vir die van julle wat die moer in is oor julle twee ure moes wag, gaan praat met die bitch in die kombuis!"

1 view

Recent Posts

See All

Net 9 disse?

Kom ek op hierdie interessante berig in die Sowetan af vandag, en herken myself toe baie goed! Alhoewel die studie onder die Britte...

My kortverhale (wow, dit was pret!)

Hy klap die agterdeur met 'n dawerende slag agter hom toe. Sy bly op die vloer sit, en vryf oor haar brandende wang. *** "Mamma, waar's...

Joeeeeehoeeee! Ek's terug! (dink ek...)

Hallo liewe blogvriende! Ja, vir die eerste keer in VIER maande het ek weer soortvan internettoegang! Dankie vir die van julle wat my nie...

Comentarios


bottom of page