top of page
  • Izak de Vries

Die tandmuis

Kaprê se blog oor die tandmuis en Tronkie se opmerking dat ek altyd ernstig is, het my laat dink dat ek iets ligs met julle moet deel. (En nou besef ek Tronkie gaan dalk dink dis óók ernstig!)

Nou ja, dis ’n ware verhaal dié.

Goeie vriende van ons, Anna en Shoni Tshivashe, het ’n paar eie kinders en toe Anna se sussie vermoor word, neem hulle dié se dogtertjie ook aan.

En so gebeur dat een van die jongste spruite se eerste tand wissel. Dit word natuurlik plegtig in ’n skoen gesit onder die bed.

Goed so, behalwe dat twee moeë ouers, wat ’n sakeonderneming bedryf, soms vergeet dat die muis moes kom.

En, julle kan dink: Trane. Die muis. Het nie. Gekom. NIE!

Ouers in die dogbox.

Totdat ons liewe land se misdaad die situasie red: Een van die ouer kinders kyk by die venster uit en sien ’n dooie rot – die honde se werk. “Kyk mamma!” roep die een wat die rot sien. “Die tandemuis is gehighjack!”

Ouers uit die dogbox.

Tandemuis Inc het die volgende nag weer ’n muis gestuur en dié een het waarskynlik ’n koeëlvaste baadjie gedra, want die geld was in die skoen.

0 views

Recent Posts

See All

Kommentare


bottom of page