top of page

Die skinder

Uitmelkbos

Cas van Rensburg skryf oor Bomskok, deur Thinus Horn. (Boeke24) Dit is ’n resensie waaraan mens jou kan verkneukel, hierdie. Mits jy in die joernalistiek belangstel. Van Rensburg skryf met die nonchalance van iemand wat die regte skinderstorie agter die storie ken. Mens wens hy het meer leidrade gegee oor die herkenbare figure – die enigste naam wat onmiddelik na vore spring is dié van Max du Preez, en deur sy beskrywing van die koerantredakteur in die roman, hak Van Rensburg jou. Jy gaan die boek móét lees, snuffelend agter herkenbare gesigte aan. Is dit die edelste manier om leser te lok vir ’n boek? Hoekom nie? En dankie ook, meneer Van Rensburg, vir die tong in die kies betreffende “grondverskuiwend”.

Dewald Koen skryf oor Die derde graf, deur Calvyn van Niekerk. (Boeke24) Dewald Koen beskou Die derde graf op ’n effense afstand. Gevolglik is die resensie in gedempte toon, sodat die uiteindelike aanbeveling amper aan mens verbygaan. Maar die resensie het wel een groot pluspunt: Koen probeer nie vir jou die storie vertel nie. Hy laat die boek sy geheime en skatte behou, die leser moet hulle self gaan ontdek. Geen “spoiler alert” hier nodig nie!

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page