top of page
  • Izak de Vries

Die reg om te sterf

Boekevat het nou weer ’n ding oopgekrap op haar blog. Lees gerus self. Ek wil ook daardie boek waarvan sy praat, graag lees.

’n Domineevriend van ons het die ander dag my vrou gebel en gesê hy moes gaan help na ’n ou oom besluit het die enigste manier om klaar te maak, is om met sy motor in ’n muur vas te jaag.

Ai tog.

Ken julle die stunning Kanadese fliek Les Invasions barbares deur Denys Arcand, of te wel The Barbarian Invasions, soos dit in Engelssprekende lande bekendgestel is? Neem dit uit en kyk dit. Dit is werklik ongelooflik.

En, as julle ooit Dancing with Mr D, deur die Nederlandse skrywer Bert Keizer raakloop, koop dit.

Nou die ander dag was ek by ’n ete waar ’n paar interniste so oor die saak gepraat het. Dit kan gebeur, al is dit onwettig. Ook heel interessant om te hoor hoe húlle eendag sou wou gaan as die einde naby is.

Terloops, jare terug het ek ’n kortverhaal oor genadedood geskryf. Toe bel ek ’n klompie mense en vra raad: Hoe om vinnig te sterf? ’n Hele paar het nogal benoud geraak toe ek met hulle daaroor uitvra, en talle het geweier om te antwoord. (Ek het uiteindelik die verhaal geskryf, maar nie die resep gepubliseer nie.) Die verhaal “Op die lewe” is destyds in Kom slag ’n bees opgeneem. (Die verwysing kom, terloops, weer Byna Liefde voor, vir diegene wat bereid is om verby die tepels te lees ;-)

2 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page