top of page
  • Izak de Vries

Die reg om mense soos Joao Silva uit die tronk te hou

Daar is vandag 'n optog in Kaapstad om die ANC se idiotiese wetgewing teen te staan.

Intussen wil ek almal aanmoedig om te gaan kyk waarom baie van ons so 'n hoë dink het van Joao Silva. Hier is 'n joernalis wat vreesloos is, boonop is sy foto's tegnies van die beste. Hier is die skakel:

Lauren Clifford-Holmes en Lisa van Wyk het dit saamgestel.

Mense, intussen moet julle ALMAL bewus wees van die impak wat die ANC se wetgewing op SA kan hê. Laas toe Verwoerd so gek geword het, was die joernalis in Suid-Afrika soveel in gevaar.

Lekker, nie waar nie? Om Zuma met Verwoerd te vergelyk. Een van die dae kan so 'n opmerking my in die tronk laat beland as ons nie versigtig is nie.

Die laaste ding wat ons wil hê is dat Joao Silva weer begin loop en dan in Suid-Afrika in hegtenis geneem word!

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page