top of page
  • Izak de Vries

Die man wat sensuur kon stop – en dit gedoen het!


Wat doen ons die dag ná Swart Dinsdag?

Dit is soms moeilik om silwer randjies raak te sien op sulke donker dae, maar hier is ’n boek wat vir julle kan hoop gee.

Kobus van Rooyen was die hoof van die Suid-Afrikaanse sensuurraad. Hy is aangestel om boeke en films te verban. In plaas daarvan het hy van binne af die wet gebruik om boeke te ontban.

PW Botha en sy boeties het niks daarvan gehou nie. Kobus is gedreig en sy huis is selfs een maal met ’n petrolbom bestook, maar een mens kan ’n verskil maak.

Lees gerus A South African Censor’s Tale. Dit is werklik snaaks by tye en gee jou dalk ’n paar idees oor hoe om aan te hou veg teen die ANC wat al hoe meer soos die NP word.

Philip Altbeker het 'n baie interessante stuk oor die boek geskryf in Business Day. Lees gerus.

NUUSFLITS!

Kobus is tans in Londen en praat Donderdag 24 November op BBC Today oor sy boek en oor die wet wat gister ingestem is. Dit sal tussen 09:00 en 11:00 Suid-Afrikaanse tyd uitgesaai word. Julle kan oor die internet na die gesprek luister, kliek die volgende skakel om BBC Today lewendig op jou rekenaar of selfoon te hoor: http://news.bbc.co.uk/today/hi/default.stm

Net onder die logo is 'n knoppie wat sê LISTEN.

Ironies, nie waar nie? Ons moet vanuit Londen na hom luister.

2 views

Recent Posts

See All

留言


bottom of page