top of page
  • Uitmelkbos

DIE LEUEN LEEF VOORT

 Glo dit as jy wil: In vanoggend se Volksblad herhaal Dana Snyman in sy rubriek oor die name van ouetehuise sy valse, spottende verwysing na die  “Verrgeet-my-nie”-ouetehuis op Bultfontein wat dan  “Amper Daar” sou heet. 

 Hier is die gewraakte Dana-paragraaf, nes dit vyf dae gelede in Die Burger verskyn het:  Wat kan ’n mens sê van Huis Amper Daar op Bultfontein in die Vrystaat? Wie sou op dié naam besluit het? Hoe word die telefoon daar beantwoord? “Hallo, Huis Amper Daar.”

 As Die Burger nie so traag was om die mistykie te erken waarop ek onmiddellik in ‘n (vrolike) briefie gewys het nie, of ‘n bietjie moeite gedoen het om mnr. Snyman of Volksblad in te lig, kon die herhaling van die fout natuurlik vermy gewees het.

 Moet sê: Ek vind dit nogal  ligweg amusant dat vanoggend op bladsy twee  van Die Burger ‘n plegtige regstelling verskyn oor die  naam van die Wollongong-universiteit (met of sonder g!), maar oor die doelbewuste en bra siniese misleiding vir “humordoeleindes”  word in alle tale geswyg.

 Sou Die Burger dalk nie graag wou hê lesers moet weet sommige rubriekskrywers suig ook maar lustig duim as hulle kans kry nie?  Of is die beleid dalk deesdae om rubriekskrywers in watte toe te draai en tot elke prys teen alle kritiek te beskerm?  

 Die “grappie” gaan seker nog in Beeld ook opduik – hoekom ‘n goeie storie nek-om draai net omdat die feite verkeerd is?

(‘n Vriend in Bloemfontein deel intussen mee van die genadiglik abortiewe plan om ‘n NGK-tehuis vir oues “Transito” te noem. Goeie hemel – dis nog erger galgehumor!)

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page