top of page
Uitmelkbos

DIE LAASTE BOEK

Die laaste Afrikaanse boek, het Karel Schoeman sy bekroonde outobiografie enkele jare gelede genoem. Wel, die laaste Afrikaanse boek was dit darem nie werklik nie. Afrikaanse boeke, goeie Afrikaanse boeke, verskyn in ‘n lewendige tempo, ook toenemend in die vorm van e-boeke.

Lees hierdie aankondiginkie hierbo egter sorgvuldig. Dit kom uit die Akademietydskrif van Maart 2012. Hierdie waarnemer voorspel dit sal die heel laaste boek van hierdie aard wees: ‘n boek waarin 26 voorste SA historici saamspan om ‘n omvattende, ewewigtige en geloofwaardige naslaanwerk oor ons geskiedenis te skep, as teenwig vir die skewe haasbek-geskiedenis wat die arme kinders op skool deesdae lepels vol van gevoer word.

Die leierskap van die span is in die bekwame, betroubare hande van Fransjohan Pretorius. Gee my des te meer moed vir wat ek te wagte kan wees.

‘n Volgende geskiedenisboek in Afrikaans – as daar weer ene sal wees – sal uit die pen van ‘n “andersdenkende” of “andersdenkendes” met nuwe insigte, vertolkings en, helaas, ook met heelwat draai in die bal wees. Iemand hoef geen profeet te wees om dit voorspel nie.

Dus: kom ons koop almal die boek, mense. My naam sal ek dadelik op ‘n lys plaas as ek maar net weet waar. Sal maar by die Akademie se webblad gaan soek by www.akademie.co.za of aanklop by akademie@akademie.co.za.

Verder: kom ons versprei die boodskap ver, luid en wyd. Die Akademie moet my nou maar verskoon as ek dalk veralgemeen, maar hoge akademiese geeste is nie noodwendig goeie bemarkers nie, en die algemene onkunde wat nog onder my eie vriende oor hierdie grootse projek heers, is onrusbarend.

Derdens: koop vir elkeen van jou kinders een. Dit hoort in elke Afrikaanse huis op die boekrak.

‘n Suiwer blik op waar jy vandaan kom, is immers nog altyd ‘n waardevolle rigtingwyser vir die toekomspad wat jy behoort in te slaan.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comentários


bottom of page