top of page
  • Izak de Vries

Die huwelik tussen botter, suiker en meel

9 Maart 10:00 | Die Khaya | 50min | R50 Nettie en Susina se optrede is deel van ’n splinternuwe kategorie wat Madri Victor begin het op die US Woordfees. Hulle noem dit Van die spens tot op die skaal.

* * * Vir amper ’n week het die geliefde elke aan Nettie Cilliers se 101 kleinkoekies bed toe geneem en soos ’n storieboek gelees. Uiteindelik was sy reg om te begin bak. Die res van ons het watertand op die resultate gewag.

Uit ons kombuis Ek volg nou al vir meer as ’n jaar die dieet wat Tim Noakes deesdae propageer, so ek eet so min as moontlik koolhidrate. Meel en suiker is beslis nie op die spyskaart nie. Ons kinders, hulle vriende en die bure is egter nie op dié dieet nie, so die geliefde het haar ingeleef in die genot van kleinkoekies. Glo my, toe daardie koekies uitkom, het ek ook een van elke baksel geproe – die res van die dag het ek my koolhidrate mooi beperk. Die boek is baie mooi uitgelê. Elke resep kom met ’n foto en baie duidelike instruksies.


ek_sou_kon_doen_met_n_pampoen

9 Maart 10:00 | Die Khaya | 50min | R50

(Kliek op die resepte op hulle groter te maak)

* * * Ek het die ander dag ’n kort onderhoud met Nettie gevoer.

Foto verskafIzak: Jy lyk nie soos iemand wat vreeslik baie soetgoed eet nie. Hoe bly jy so fiks en gesond? Nettie: Dankie vir die kompliment! Moenie glo nie, ek vrek oor soetgoed, punt. Ek eet darem nie elke dag soetgoed nie, maar moet erken ... ek hou my maar in. My ma het altyd gesê: “Solank daar soetgoed in die huis is, eet Nettie nie kos nie!”

* * * In hier tree Izak de Stout in. Nettie moet my maar verskoon, maar my seun, wat die meeste koekies opgeëet het, kommunikeer deesdae met my deur my video’s te laat kyk op YouTube. Ek kan dus nie help om Chip Chocolate se Cookie Dance met julle te deel nie. Wees gewaarsku, mense van my ouderdom sukkel om dit te verstaan, maar as jy kinders of kleinkinders het, sal hulle weet van. Nettie se boek het boonop die lekkerste Chock Chips in. Ek het geproe, Banting ten spyt.

15 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page