top of page
  • Izak de Vries

Die HAT maak babatjies


http://www.kalahari.net/books/My-Eerste-HAT/632/34711784.aspx

Nooit gedink woordeboeke kan snaaks wees nie? Nooit gedink daar is donker onderstrome en gevaarlike avonture in die woordeboekkantore nie?

Nie gedink woordeboeke kan babas maak nie?

Boe! Dink weer. My Eerste HAT het pas verskyn. Dis gemik op kinders, so die HAT-Makers het dit op my knaap getoets.

Wel, knaap is GEK daaroor. Werklik GEK.

Die rede? Dis nie ’n stugge ou omie van ’n boek nie. Dis ’n super-duper cool kabouter van ’n boekie.

Die rympies is aards, snaaks en op kinders gemik – poefie en piepie staan wel in hierdie woordeboek.

Jy kan dink hoe my seun giggel as een van híérdie woorde voorkom!

Maar die sukses kom eintlik van ver af. Die idee kom van Nederland af waar hulle die Van Dale laat babas maak het. (Van Dale is Nederlands se HAT. Hande op wie een het? Ek het een.)

Die Nederlandse Baba Van Dale het mense aan die praat – en lees – gesit. (Daar is distrikte in Nederland waar elke kind op sy/haar tweede verjaarsdag ’n Baba Van Dale van die staat ontvang. Nou wonder jy hoekom hulle lees en ons nie.)

Woordeboekmaker extraordinaire, Jana Luther, het toe met Daniel Hugo saamgespan en hulle het ’n pragboekie saamgestel. Ek was baie gelukkig om ’n promosiekopie te kry, en dis hoekom ek weet sewejarige seuntjies is net so mal daaroor soos hulle ouers.

Koop nou. Dis ’n ideale Kersgeskenk vir kinders van twee tot tien.

(Terloops, weet julle die HAT ’n blog? Kliek hier.)

2 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page