top of page
  • Izak de Vries

Die groot Mielie McGrap

Ou Kassie bel my nou net. Die ou is weer enkelouer dié naweek, so hy en die knaap is McDonalds toe.

Ek weet hoe ou Kassie voel oor die groot M. Daaroor sal ek my nie uitlaat nie. LitNet mag dalk net verkla word. Maar hulle is uitstekende bemarkers en die kinders is mal oor die speelplek. So, as Kassie die knapie wil trakteer, eet hulle McDonalds.

Laas toe hulle daar was, so ’n maand gelede, het hy kom vertel dat die Yanks dalk iets slim gedoen het – jy kan nou mielies saam met jou “meal” kry in plaas van tjips, vertel die ou en, voeg hy by, hy’t nie mielies geëet nie. Hy verkies hulle van die stronk af. En al wat eetbaar is ... nou ja. Tog moet hy darem die überskeppers van kitskos die hoed lig. Dis ’n slim skuif.

Dis nou juis waarom hy my bel. “Onthou jy die storie van McDonalds en die mielies?”

“Jip, ek onhou. Jy’t gedink dis ’n slim skuif.”

“Wel,” begin Kassie en ek hoor hier kom ’n ding.

Sien, sy seun besluit toe hulle eet vanaand mielies. Nee, dis goed, antwoord Kassie. As Knaap sê hulle moet die gesonder opsie kies, dan maak hulle so.

Toe kry hulle mielies, en raai wat? Saam met die mielies kom botter! Netjies toegedraai. Saam met die heel klein bakkie kom genoeg om ’n hele sny brood mee te smeer.

Nie gevra of hulle wil hê nie, o nee. Die botter word saamgegee. “Ek moet darem sê,” stoom Kassie voort, “hulle sit dit apart. So ons kon kies om dit nie op ons mielies te sit nie.”

“Ou Kassie,” sê ek toe. “Dis darem onversadigde vet, en die melkboere sal bly wees.”

“Ja, bliksem,” sê Kassie. “En die kinders bly vet.”

2 views

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page