top of page
  • Uitmelkbos

Die geheim

Duisend dae op jou spoor, deur Cas Vos. Resensie: Charl-Pierre Naudé. (Boeke24) Wat ‘n resensie! Nie alleen is dit ‘n openhartige, kritiese reaksie op Cas Vos se bundel nie, maar gee dit aan alle digters wat hul werk gepubliseer wil sien, baie waardevolle raad. Sorg dat jy ‘n uitgewer nader wat ‘n geskiedenis het van digkuns uitgee. Wanneer Naudé praat van “ervare” uitgewers, is dit ‘n mondvol. Daardie mondvol behels dinge soos keuring, redigering, en sekerlik leiding. Die dinge wat in die resensie ter sprake gebring word as synde afwesig.

Ou bloed, deur Peet Venter. Resensie: Riaan Grobler (Boeke24) Wat help dit Riaan Grobler het baie van die roman gehou? Hy het meeste van die verhaal se geheimenisse verklap, onder meer die beweegredes vir die moorde. Hoe vlot die resensie ookal geskryf is, Grobler het nòg die skrywer nòg die potensiële lesers ‘n guns gedoen deur sy analise/uiteensetting van die verhaal. Sies man.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page