top of page
  • Izak de Vries

Die ATKV wil jóú liedjie hoor!

Updated: Dec 15, 2022

Hunter Kennedy Loop jy met ’n Afrikaanse liedjie in jou kop? Die ATKV sal dit graag wil hoor! Aspirantliedjieskrywers word genooi om in te skryf vir die ATKV-Liedjieslypskool 2016. Landswye uitdunne word later vanjaar gehou waartydens deelnemers hul slag sal kan wys. Deelnemers wat nie ’n uitdunronde kan bywoon nie, kan hul inskrywings pos, of ʼn MP3-weergawe van hul liedjies op ons webblad laai. Deelnemers kan selfs kies of hulle net hul liedjies wil inskryf vir beoordeling, en of hulle dit self wil sing. Die liedjie sowel, as die uitvoering, sal in laasgenoemde geval beoordeel word. Beoordelaars tydens die uitdunrondes sluit in: Pedro Kruger, Hemelbesem, Anna Davel, Hunter Kennedy en Bouwer Bosch.

Hemelbesem Landswye uitdunne begin reeds in Augustus, en inskrywings vir pos- en digitale inskrywings sluit om 17:00 op 31 Desember 2015. Aspirantliedjieskrywers wat tydens die finale beoordeling deur die paneel kundiges gekies word, wen elk ’n plek by die gesogte ATKV-Liedjieslypskool wat gedurende Mei 2016 by ATKV-Goudini Spa aangebied sal word. Finaliste sal dan ’n week lank persoonlike onderrig ontvang by van Suid-Afrika se beste kunstenaars.

Morné van Staden Volgens die organiseerder, Morné van Staden, is daar is geen beperking op die aantal finaliste wat elk ’n plek wen nie. “Ons poog dus om hierdie geleentheid aan soveel moontlik talentvolle liedjieskrywers en sangers te bied.” Uitdunne, voorafgegaan deur promosies by skole in die onderskeie streke, sal opgevolg word met werkswinkels. Deelnemers wat talent toon tydens die uitdunne, sal na die werkswinkels genooi word. Voornemende deelnemers, landswyd, moet kennis neem van die volgende datums en plekke: Gariepkunstefees (Kimberley): 28 Augustus (uitdunne) en 29 Augustus (werkswinkel) met Hemelbesem en Bouwer Bosch. Aardklop (Potchefstroom en Promosa): 2 Oktober (uitdunne in Promosa), 3 Oktober (werkswinkel in Promosa) en 4 Oktober (uitdunne/ “open mic”) met Hemelbesem, Anna Davel en Bouwer Bosch. Stellenbosch: 16 Oktober (uitdunne) en 17 Oktober (werkswinkel) met Pedro Kruger, Hemelbesem en Hunter Kennedy. Uitdunne en regstreekse oudisies sal ook op MFM gehou word. Mitchells Plain (aangebied by Cedar Sekondêr): 23 Oktober (uitdunne) en 24 Oktober (werkswinkel) met Pedro Kruger en Hemelbesem.

Pedro KrugerAtlantis (aangebied by die Toerisme- en Kultuursentrum): 30 Oktober (uitdunne) en werkswinkel (31 Oktober) met Pedro Kruger, Hemelbesem en Francois van Coke Tydens die werkswinkel sal daar op 'n  een-tot-een-basis met elke finalis gewerk word om te bepaal wie sal deurdring na die finale ronde. Die finaliste se liedjies sal opgeneem word as demo’s wat sal deel vorm van die finale beoordeling.

Daphne Arendz Daphne Arendz, wat ’n finalis was in vanjaar se ATKV-Liedjieslypskool, sal tydens sommige van promosies by skole optree om haar eie suksesverhaal te vertel. Daphne se liedjie, Die song wil my nie los nie, is gekies as die amptelike temalied van vanjaar se Liedjieslypskoolprojek, wat by ATKV-Goudini Spa aangebied is. Dit word tans opgeneem deur Anna Davel.

Anna Davel “Daphne se liedjie is gekies as temalied van die projek omdat dit die talle doelwitte van die projek versinnebeeld,” sê Morné Van Staden. Volgens Van Staden wil die ATKV met hierdie projek ’n positiewe bydrae maak tot die Afrikaanse musiekbedryf. “Ons wil ook bydra tot die verryking van mense en hul talent en kultuurervarings. Juis daarom het ons besluit om tydens die uitdunne vanjaar ’n mentorprogram aan te bied. Die doel daarvan is om werklik talentvolle liedjieskrywers die geleentheid te bied om individuele opleiding te kry by ’n span kundiges wat sal aandag gee aan aspekte van basiese musiekonderrig en instrumentale opleiding.” Die mentorprogramme, wat dien as voorbereidingsplatform om talent te kweek en voor te berei op die amptelike Liedjieslypskoolweek, word aangebied in samewerking met Solms-Delta onder leiding van Adriaan Brand en sy span van die Musiek van de Caab-projek, sowel as Hemelbesem, die bekende Afrikaanse kletsrymer. Finaliste sal op Maandag 1 Februarie 2016 aangekondig word, en die amptelike weeklange Liedjieslypskool sal in Mei 2016 plaasvind by die ATKV-Goudini Spa. Die ATKV-Liedjieslypskool 2016 word aangebied in samewerking met Vrouekeur. Besoek gerus hul webblad (www.vrouekeur.co.za) vir volledige inligting en inskrywingsvorms. Vir enige navrae, kontak Morné van Staden (mornev@atkv.org.za).

* * *Kliek hier vir foto's van die 2015-finaal.

1 view

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring, Charl-Pierre Naudé en Izak de Vries, dink ek dis tyd vir ’n radikale

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer agtermekaar te kry nadat ’n tweevoetige eweknie van harige Mangali

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai simpel nadraai van ’n ou Spanjaard wat dink ’n jong - wel, soo

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page