top of page
  • Izak de Vries

Die aap in jou koffie


As julle, soos ek, gek is daarna om te weet waar woorde vandaan kom, dan het jy ’n eponiemwoordeboek nodig.

Luister gerus vanaand na Dr Anton Prinsloo op Kwêla, op KykNet, om 20:00. Hy gaan gesels oor Die aap in jou koffie – sy nuutste boek wat pas verskyn het.

Het jy geweet dat, as jy cappuccino drink, daar 'n aap in jou koffie is? Waarom staan 'n mens se strottehoof bekend as 'n adamsappel? Is die dahlia regtig na die Sweedse plantkundige Anders Dahl vernoem omdat die blomblare soos sy onversorgde baard en hare gelyk het? Dié vrae het almal met eponieme te make: woorde wat gevorm is op grond van mense of plekke se name.

1 view

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page