top of page
  • Izak de Vries

Die 2014 WOORDtroFEES


2014_woordtrofees_topbanner

Die vyfde jaarlikse toekennings van die WOORDtroFEES is Maandagaand by L’Avenir gehou. Die ATKV borg dié toekennings.

10 04 14 woordtrofees_005

Dit is waarvoor almal wag...

10 04 14 woordtrofees_001

Die L’Avenir –landgoed bied baie vir die kamera.

10 04 14 woordtrofees_011

David Kramer was daar.

10 04 14 woordtrofees_013

Koos Kombuis was daar.

10 04 14 woordtrofees_016

Chris van Niekerk met die appels van sy oë.

10 04 14 woordtrofees_020

Kim Cloete was die aanbieder.

10 04 14 woordtrofees_037

Prof Dorothea van Zyl.

10 04 14 woordtrofees_044

Gerrie Lemmer van die ATKV.

10 04 14 woordtrofees_066

Die WOW-skool van 2014, wat ’n prys kry vir die bevordering van Afrikaans, is Scottsdene Sekondêr. Gerrie Lemmer oorhandig dit hier. Meneer Cupido, die skoolhoof, staan hier in die middel.

10 04 14 woordtrofees_082

Sabina Dumas (regs) ontvang die toekenning vir die WOW-Individu van 2014, die toekenning is deur Fiona van Kervel gedoen.

10 04 14 woordtrofees_101

Amanda Botha oorhandig die trofee vir die beste kunsuitstalling tydens die fees. Dié trofee gaan aan die kurator(s) vir die beste kunsuitstalling. Hier oorhandig sy dit aan Magicus in D-Street.

Ingrid en Andries Gouws reageer toe hulle hoor Magicus in D-Street, se naam word aangekondig as die wenner van die beste kunsuitstalling, want albei het skilderye gehad wat deel was van die uitstalling.

10 04 14 woordtrofees_109

Rudolf Gouws oorhandig die trofee vir die Beste klassieke musiekproduksie aan Jan Visagie wat dit namens Liebrecht Vanbeckevoort (van België) in ontvangs geneem het.

10 04 14 woordtrofees_140

Dorothea van Zyl oorhandig die prys vir die Beste kontemporêre musiekproduksie aan Laurika Rauch.

10 04 14 woordtrofees_186

Schalk Joubert en sy tromspeler het die mense vermaak.

10 04 14 woordtrofees_194

Kevin Gibson wat saam met Schalk opgetree het.

10 04 14 woordtrofees_248

Elias P Nel oorhanding die Uitskieter: Drama-toekenning aan Stephanie Gericke vir haar spel in Melusine van Arcadia.

10 04 14 woordtrofees_281

Eugene Cloete oorhandig die trofee vir die Beste dramaproduksie aan Saartjie Botha vir Wie’s bang vir Virginia Woolf? Saartjie het die stuk in Afrikaans vertaal.

10 04 14 woordtrofees_305

Gerrie Lemmer oorhandig die trofee vir Beste debuutskrywer aan Lindie Koorts vir DF Malan en die opkoms van die Afrikaner-Nasionalisme.

10 04 14 woordtrofees_333

Marié Heese het die trofee vir Beste gevestigde skrywer ontvang vir Vuurklip en Karoo-kantate. Sy was egter siek, so Amanda Botha het dit namens haar ontvang. Hier oorhandig Ingrid Gouws die prys.

10 04 14 woordtrofees_354

Die Burgeroorlog was al weer in volle swang tydens die fees. En die wenrestaurant, was Basic Bistro wat die beste gourmetburger gemaak het. Hier oorhandig Bun Booyens die sertifikaat.

10 04 14 woordtrofees_373

Francois Retief en sy span van iono.fm het die Woordfeesoptredes opgeneem en maak hulle nou beskikbaar aanlyn by www.woordfees.iono.fm. Teen die einde van April sal die meeste stukke beskikbaar wees. Kliek hierdie skakel en luister daar waar jy ook al in die wêreld sit.

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page