top of page
  • Izak de Vries

Dare jy my?

My geleerde vriend Awie Badenhorst het vir my ’n dare gestuur, maar voor ek daaroor praat, eers die volgende: Ek was ’n paar dae in Pretoria/Tshwane. Onder andere het ek met senior mense in die Departement van Onderwys vergader. Daar ís nog mense wat omgee. Ek het werklik met ’n glimlag by Sol Plaatjie-Huis uitgestap.

Ons het verskriklik baie probleme in die onderwys, maar dis goed om te weet daar is diegene, swart en wit as julle belangstel, wat werklik daarop uit is om standaarde hoog te hou en om ’n verskil te maak.

Genoeg daaroor, ek sal julle later vertel wat ek op die vliegtuig gelees het.

Oor die dare: Ek skat Awie het nie my vorige inskrywing gelees nie. Hier is sy e-pos, verbatim:

Skryf bietjie hieroor op jou blog. (Het jy die guts om dit op jou blog aan te roer?).

My goeie fok – ek verloor om verskeie redes moed vir die land – maar dié een het ek nie in sulke felheid verwag nie. En dan vaar ek teen Kalifornië uit! Hulle is moffies in vergelyking met ons macho spul … (tong in die kies gesê).

Het jy ooit die boek “Daar is 'n gaatjie in die middel van die see” gelees? Ek wonder of dit nog te kry is.

En as julle wil weet wat hom so ontstel het, lees hier. Hieronder is 'n foto van die dare devil.



0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page