top of page
  • Izak de Vries

Dalai Lama of Pastoor Showerhead? Jy stem!

Toe die ANC die dag weier om die Dalai Lama se visum goed te keur, het hulle finaal gewys dat hulle nie meer belangstel in menseregte nie.

O nee.

Die ANC het nou gewys hulle stel slegs belang in hulle Bling-Bling-Motorkades, in geld en in nog geld.

Ek het in die verlede dikwels my stem gedeel: Provinsiaal en Nasionaal het ek by verskillende geleenthede verskillend gestem, maar van te vore was een van my kruisies altyd agter die ANC. Hierdie keer baie beslis nie. Ek gaan weer my stem deel, maar hierdie keer kry die ANC nie een stem van my nie.

Hierdie verkiesing gaan nie die ANC uit die kussings lig nie, maar dit kan dalk net die een wees waarin die mag begin draai.

Ons hét ’n opposisie nodig.

Ek weet Cope cope nie, ek weet Helen is Zilly as dink sy praat namens die mense en ek weet Patricia dellilliver nie werklik nie, maar ons móét die opposisie versterk. Selfs ’n stem vir die Vryheidsfront (wat ek nooit sal doen nie) of vir die IFP (wat ek ook nooit sal doen nie), is beter as om vir die ANC te stem.

Oor vyf jaar gaan die ANC weer wen, maar in 2019 kan dinge dalk net verander as die opposisie sterk genoeg sal staan. Maar dan moet ons nou begin.

Phansi Showerhead Zuma! Phansi Marionet Motlanthe! Viva die opposisie teen hulle wat geen morele kompas meer het nie.

Terloops: Hier is ’n interessante blog van iemand wat vanuit ’n effens ander, en vars, perspektief na die sage oor die Dalai Lama kyk.

En heel onder aan hierdie bladsy is drie verskillende petisies wat jy kan teken oor die sage, as jy so voel.

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page