top of page
  • Izak de Vries

Daardie hoenders

My kontensie gaan oor meer as hoenders wat doodgaan (sien vorige inskrywing). Ek wil wonder: Wat nou?

Gaan hulle nou daardie plaas laat bankrot speel en dan verloor al die werkers hulle inkomste?

Gaan die boer gedwing word om, klandestien, nog meer pluimvee te laat vrek?

Ek wil so deksels graag iets doen aan die situasie. As ek ’n regter se hamer gehad het, sou ek geld uit die boer dwing om ’n afsetnetwerk te begin vir die manlike kuikens en, les bes, genoeg geld om vir die volgende tien jaar ’n NRO te betaal om dit te bestuur.

Verder moet die NRO gemonitor word. Ek is oud en sinies genoeg om te weet dat baie NRO’s ook maar net daar is om geld te kanaliseer na mense se sakke toe – ek het al te veel NRO’s probeer help om dít te ontken.

Die probleem is, enige iets wat ons / ek / enige een doen, moet volhoubaar wees.

Om koopkrag te onttrek is goed. Dit mag dalk ’n verandering te weeg bring. Maar is die verandering volhoubaar?

Dêm die realiteit!

0 views

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page