top of page
  • Izak de Vries

Cracks laat jou kraak van die lag

Ek het hulle nog nie gesien nie, maar wel baie van hulle gehoor.

Cracks is ’n viertal vroue (figure out where the cracks are) wat vroeër vanjaar mense laat regop sit het (as hulle nie dubbeld gevou gelê en lag het nie) met CRACKS AND THE CITY.

Hulle doen nou een vertoning op Darling, genaamd CRACKS AND THE VILLAGE. Die vertoning sal op Vrydag 5 November om 19h00 te sien wees by Evita se Perron.

Hulle beplan om CRACKS AND THE CITY weer terug te bring Kaap toe – hou On Broadway se webruimte dop (tans word dit geadverteer as Woensdae en Saterdae, 10 tot 27 November.

Wie is die cracks? Hulle is: Anthea Thompson, Shimmy Isaacs, Anne Hirsch en die ongelooflik talentvolle Marianne Thamm.

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page