top of page

COP 17, kop jy?

Volgens berigte in die pers was daar oor die naweek ’n hele aantal Zuma-ondersteuners wat ’n protesoptog tydens COP-17 geïnfiltreer het en mense geïntimideer het wat die regering kritiseer. Vroue van die Rural Women’s Assembly (RWA) is byvoorbeeld uitgeskel as “bicthes” en die suggestie is gemaak dat hulle net daar is om geld te maak met hulle vaginas – hoere dus, is hulle genoem. Lees gerus hier.

Hier is nog ‘n berig. Dat sommige lede van dieselfde lot intimideerders na bewering ook plakkate gedra het wat sê “100% Zuma” en “Fire Malema”, beteken nogal iets. Van hulle het klaarblyklik selfs kanga’s rondgeswaai om Zuma te ondersteun. (Nee, ek sal nie vloek nie, al wil ek.)

Dis ontstellend, maar hoeveel van ons weet dat die NP soortgelyke goed aangevang het?

Ons is deesdae baie vinnig om die sondes van ons vaders te vergeet. Daar is egter drie boeke wat ek onder julle aandag wil bring, al drie geskryf deur Dot Serfontein.

Serfontein is Antjie Krog se ma. En, soos haar dogter, was tannie Dot op haar dag ‘n vermaarde joernalis. (Krog het haar eie beeld baie geskaad met haar baie swak dekking van die WVK, maar haar vroeër werk was goed.)

Tannie Dot se boeke is ongelooflik belangrik vir ons as Afrikaanssprekendes, want dit vertel ons waar ons vandaan kom. Anders as Antjie Krog, was Dot Serfontein ‘n Nasionalis deur en deur.

Ek weet daar is deesdae geen enkele persoon wat ooit NP gestem het in julle vriendekringe nie, maar Dot Serfontein is trots op haar NP-wortels. Ek het self ‘n bietjie navorsing gedoen onder mense van tannie Dot se generasie, en ... ons voorouers was geen politieke engeltjies nie. Nazi-tegnieke het hoogty gevier onder die NP-ondersteuners van sommige takke. Zuma het nog baie om te leer.


Ek dink ‘n teks soos Systap onder die juk moet verpligte leesstof wees vir enige Suid-Afrikaner – maar veral vir Afrikaners van my ouderdom en jonger. Wees egter gewaarsku: Jy gaan dalk goed van jou oupa ontdek wat jy dalk nie wou weet nie. Hy was dalk erger as Malema – en het weggekom daarmee.


Twee ander wat ek sterk kan aanbeveel is Vrypas en Ek is maar ene, albei deur Dot Serfontein.

* * *

Op ’n heel ander noot kan julle gerus op LitNet gaan kyk na die fiasko rondom Strijdom van der Merwe se blou lyn. Dis om van te huil.

2 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page